EG Kerk Wonderboom
ons weeklikse inligtingsblad
Gemeentebedienings
Sangbediening
Voorsang bly een van die primêre faktore ter voorbereiding vir die Bediening van die Woord.
Daarom is die gemeente trots op die Sangbedieningspan.
Voor elke erediens word daar hartlik saamgesing uit die Hallelujabundel, Liedboek van die Kerk, Psalms en Gesange, maar ook koortjies eie aan die kerk.
Navrae: Corné Harris
+27 82 561 6288
Kinderbediening (KB)
Die rol van die Kinderbediening in enige gemeente bly baie belangrik.
In die Kinderbediening begeer ons om vroeg in die kinders se leeftyd ‘n liefde vir Jesus en Sy kerk te kweek. Hier word in alle fasette en aktiwiteite gepoog om daartoe by te dra in elkeen se lewe – so vind daar Kinderkerk plaas, asook Sondagskool.
Kinderkerk (tydens erediens):
Petro Strydom
072 324 5915
Kinderbediening (na afloop van erediens)
Finalejaar Kategetiese Onderrig:
Ds. Johan Grobler
083 785 4743
Jeugbediening (CJV)
Die Jongmense (Jeug) van die gemeente het ‘n besondere ereplek met hulle eie besondere identiteit – BELONG BELIEVE BECOME –
en beskik oor ‘n bekwame span leiers wat deurgaans die programme en die
aktiwiteite reël.
Die Jeugbediening gaan oor ‘n sinvolle en behoudende benadering tot jongmense en spesifiek gerig op hul eiesoortige behoeftes. Hierdie bediening is inklusief en
gedifferensieerd. Dit word aanvaar dat verhoudings deurslaggewend is vir effektiewe Jeugbediening – dit het dus by uitstek te doen met dissipelskap en verhoudings.
Navrae: Ds. Johan Grobler
+27 83 785 4743
Byeenkomste Vrydagaande 18:00
(of soos afgekondig)
Vrouebediening (CVV)
Die Gemeente beskik oor ‘n gesonde vrouebediening (CVV) wat ‘n belangrike rol speel in ons gemeente. Hulle gee met groot passie aandag aan die estetiese karakter van die gemeente en is die grondslag van die reëlings by elke gemeentelike funksie en geleentheid.
Ons is trots en dankbaar vir die bekwame CVV Bestuur wat sorg dat die gebruiklike wiele aanhou rol.
Navrae: Mev. Laurika Grobler
+27 82 751 4853
Silwerjeugaksie (SJA)
Navrae: Ds. Johan Grobler
+27 83 785 4743
Ander bedieninge
Gemeentewaardes
Geskiedenis:
Stigting van die gemeente
Die gemeente in Pretoria-Noord (Maranatagemeente) het in so ‘n mate gegroei dat die kerkraad besluit het op uitbreiding van die gemeente of moontlike stigting van ‘n gemeente in die areas van Annlin, Wonderboom en Magalieskruin.
Op ‘n gekombineerde kerkraadsvergadering is daar gevolglik besluit om Wonderboomgemeente te stig op 5 Julie 1987. Ds. P.A. (Pieter) Loots is dienooreenkomstig as eerste leraar van die gemeente beroep en is die eerste kerkraad ook dan saamgestel.
Stigterslede (enkeles al oorlede) van die gemeente: Ds. Pieter en mev. Hester Loots, Tienie & Tobie Coetzer, Peet & Petro Grundlingh, Fanie & Lena Lombard, Louis & Elize Coetzee, Koen & Sarie Kuypers, Hennie & Bettie Kuypers, Tiny & Sigrid Botha, Billy & Doreen Turner, Hughy & Caroline Turner, Chris & Rosa Viljoen, Gerrie & Rina Bouwman, Frikkie, Hilda, Ans, Fred en Fanus Els, Victor Hugo, Sewus & Tiekie Keller, Don & Sannie Cooper, Dorie Viljoen, Corrie Zietsman, Ben & Mottie Pienaar, Deon Maritz, Dorris Venter, Willie Smith, Pieter & Wilma Erasmus en Coenraad Kuipers.
Geskiedenis:
Terrein en geboue
Verskillende terreine is ondersoek waarop gemeentedienste gehou kon word.
Die Here het egter op wonderbaarlike wyse voorsien deurdat oom Tobie en tannie Tienie Coetzer hulle drie motorhuise beskikbaar gestel het. Die motorhuise is gevolglik ingerig om samekomste te hou waar die Woord ywerig verkondig is. Hierna plaas die Here sy seën op die nuutgestigte gemeente om van krag tot krag te kon gaan, so veel so dat die drie motorhuise vinnig te klein geraak het en die kerkraad besluit het om ‘n markiestent aan te koop teen die bedrag van R5 000-00. Die tent word opgerig in die wes-suidelike kant van die landbouhoewe waar die bruin pastorie tans gevestig is. Die tent was toegerus met gordyne, stoele, kansel en waaiers.
Hierna word ‘n staalstruktuur op die grond wat die Coetzers aan die gemeente geskenk het opgerig wat geruime tyd gedien het as kerkgebou met verskuifbare kansel/verhoog – die gebou is soos die kerksaal tans daarna uitsien. Die huidige kerkgebou het later gevolg.
Intussen het oom Tobie en tannie Tienie hul huis op die hoewe te koop vir die kerkraad aangebied om te dien as tweede pastorie. ‘n Eerste pastorie was toe reeds opgerig in die plek waar die markiestent gestaan het.
Kort voor lank word die aansoek goedgekeur om hersonering van die eiendom vir die verandering van landbouhoewe na kerkeiendom. Na ‘n argitek aangestel is om die nodige planne op te trek, is daar deur ‘n kontrakteur met die bouprojek begin en siedaar – ons loof die Here vir Sy voorsienigheid!
Die Kerk is op 15 Augustus 2004 ingewy en aan die Here toegewy.
SOLI DEO GLORIA!
