Ons as gemeente wil graag ʼn verskil in die wêreld maak. Ons gebed is dat elkeen die liefde van Christus saam met ons sal ervaar, dat elkeen geestelik sal groei en vreugdevolle dienslewering in God se gemeente sal beleef.
Die geheim van ʼn gelukkige lidmaat is om deel van die familie in Jesus te wees. Neem groot vrymoedigheid om in te skakel en by die bedieninge in die gemeente betrokke te wees. God kan jou gebruik, waar nodig. Daarom is daar plek vir jou in ons gemeente.
Uiteindelik gaan alles wat ons doen tot eer en verheerliking van God! Hy is die Hoof van Sy Kerk en daarom staan Hy sentraal in alles wat ons doen.
Ons vertrou dat elkeen ‘n plek en ‘n bediening in die gemeente gaan vind.
Eredienste en Byeenkomste
Sondageredienste: 09:00 & 18:00
* Samesang 15 minute vooraf
* Gebedstyd 30 minute vooraf
Kinderkerk tydens Erediens (Hervat Januarie 2026)
Kinderbediening na Erediens (Hervat Januarie 2026)
Bybelstudie/Bidure:
Woensdag 10:00 en 19:00 (Hervat Januarie 2026)
Jeug/Gesinsaand:
Vrydag 19:00 (Hervat Januarie 2026)
Ystermanne:
Saterdag 06:00 – 07:00 (Hervat Januarie 2026)
Ander dienste
Goeie Vrydag:
3 April 2026 – 08:00
Hemelvaart:
Donderdag 14 Mei 2026 – 19:00
Geloftediens:
16 Desember 2026 – 08:00
Kersdiens:
25 Desember 2026 – 08:00
Oujaarsdiens:
31 Desember 2026 – 23:00 Diens
Offergawes en Tiendes
Rekeningbesonderhede
ABSA (632005) Tjekrekening EGK Wonderboom
Rek Nr. 0090311387
Wat sê die Bybel?
Maleagi 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie.
2 Korinthiërs 9:7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.
Offergawes by die Erediens
Die offergawes en tiendes word tydens elke erediens deur die Diakens opgeneem. Daar is ook bydraekoeverte by die ingangsportaal beskikbaar vir meerdoelige bydraes soos tiendes, sending, CVV, jeug, kweekskool ens.
Elektroniese oorbetalings (EFT)
Die offergawes en tiendes kan natuurlik ook elektronies oorbetaal word per EFT inbetalings. Maak asb. net seker dat ‘n duidelike aanduiding gegee word waarvoor die inbetaling is soos bv. sending, CVV, jeug ens. Die bankbesonderhede van die Gemeente verskyn elders op hierdie bladsy.