EG Kerk SA

‘n Lewenskragtige Evangeliese Kerk wat op ‘n Gereformeerde Grondslag berus

Stigting van die Kerk

Die Kerk is gestig op 21 April 1944 deur 44 Kerkraadslede van die NG Kerk, Smithstraat, Durban, onder die naam Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika.

 

Op 18 Augustus 1986 is die naam van die Kerk deur die Sinode na Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (EG Kerk SA)  verander.

Grondslag en Boodskap van die Kerk

Die Kerk is gefundeer op die Heilige Skrif, die onfeilbare en foutlose Woord van God.

 

Die leer wat die Kerk, op grond van God’s Woord bely, is Evangelies-Gereformeerd.

 

Die Kerk verkondig ‘n viervoudige boodskap:

 

*  Wedergeboorte (Jesus Red)

*  Heiligmaking (Jesus Reinig)

*  Goddelike Genesing (Jesus Genees)

*  Wederkoms (Jesus kom weer)

Meer volledige inligting op die webwerf